Hier is 'n tipiese voorbeeld van 'n winsgewende projek van die Sonneblom Werkerskooperasie. Dit werk so: Ons lede koop elkeen een of meer aandele @ R100 per aandeel. Die fondse word gebruik om winsgewende projekte te finansier. Sodra 'n projek begin wins maak en op sy eie kontantvloei kan staatmaak, ondersoek ons die moontlikheid van 'n volgende winsgewende projek. Sodra die projek begin wins maak, word 30% van die omset verklaar as dividende en aan die lede uitbetaal in Desember van elke jaar, volgens die aantal aandele in besit.
This is a typical example of how Sonneblom Werkerskooperasie operates to the benefit of it's members. Members buy one or more shares @R100 each. We use the funds to finance profitable projects. As soon as a project can sustain itself with cash flow, we consider another project. As soon as a project becomes profitable, 30% of the turnover is allocated to dividends and paid out to the members in December of each year, according to number of shares acquired by each member.
We optimize the facility of renting the hall, by offering an opportunity for networking before the dance. We invite you to bring and braai with us from 17:00 until 19:00, when the music starts and we commence with the social dancing.
Enjoy the Kenmekaar Bring en Braai with us by bringing your own meat, drinks, plate and cutlery. We provide the fire, bread rolls, salad, ice and coffee. Soft drinks and water for sale
Die naweek is naby en dis amper tyd om te ontspan! Kom geniet ‘n lekker Hoeka Toeka Langarmdans Sokkiejol saam met ons Vrydagaand.
Ons dans dat die biesies bewe elke Vrydagaand van 7-uur tot 11-uur. Ons kuier lekker saam met ou vriende en leer ‘n paar nuwe vriende ken by die Kenmekaar Bring en Braai voor die tyd, van 5-uur af.
Bring vleis, drankies, borde en eetgerei saam as jy wil braai. Ons voorsien vuur, braaitange, broodjies, slaai, ys en koffie. Ons verkoop ook koeldrank en water.
Waar: Round Table Community Centre, 26ste Straat 19, Menlopark.
Koste: Net R100 per persoon.
RSVP asseblief vir Jacoba Calitz by 076 527 5720
Kom kuier en dans lekker saam! Ons kan nie wag om jou daar te sien nie!
 



Terug Terug na bo