|
WELKOM BY SONNEBLOM WERKERSKOöPERASIE Ons stigtingsvergadering het op 11 Julie 2025 plaasgevind in Pretoria. Ons doelwit is om mense ekonomies te bemagtig deur middel van deelname aan winsgewende projekte en deur dienste te lewer. Ons lede lewer dienste aan ons lede, wat bestaan uit mense wat sal baat daarby om dienste te lewer en te gebruik van iemand wat deel is van 'n groep, met verwysings. Dit werk so: Ons hou gereelde weeklikse byeenkomste om ons bestaande en voornemende lede in te lig oor wat ons doen, waarheen ons op pad is en hoe ons dit gaan regkry. Elkeen wat belangstel om 'n diensverskaffer of 'n gebruiker te wees, vul 'n lidmaatskapvorm in. Elke lid moet ten minste een aandele koop @ R100. Meer aandele mag gekoop word. Indien 'n lid nie R100 het om die aandeel te koop nie, mag sy of hy aansoek doen om te werk vir die R100, wat die aandeel sal betaal.'n Taak sal aan haar toegeken word, sodra daar iets beskikbaar is wat in haar vaardigheid en belangstellingsveld inpas. Ope dag en bekendstelling Saterdag 30 Augustus 2025 Round Table Community Centre, 26ste Straat 19, Menlopark PROGRAM 9:00 tot 12:00: Sonneblom Oggendmark en Kattebakverkoping @ R100 per stalletjie 14:00 tot 18:00: Hoeka Toeka Boeremusiek en Middagdans met Loslit Dansorkes @ R100 per persoon 19:00 tot 23:00: Hoeka Toeka Lentedans met platejoggie DJ Silverfox @ R100 per persoon 12:00 tot 16:00: Bring en braai of koop ‘n Boeriebrak @ R50 Mandjies met drankies en eetgoed welkom. Koeldrank, water en lekkernye te koop. Maak gebruik van ons Spesiale Aanbod tot 27 Augustus 2025.
|
![]() ![]() ![]() ![]() |

| Terug | Terug na bo |